Ses Koerdiese vegters dood in aanval op VSA-weermagbasis

Lees ook :

Ses Koerdiese vegters dood na aanval op Amerikaanse weermagbasis
Ses Koerdiese vegters dood na aanval op Amerikaanse weermagbasis fotokrediet: Canva

Lees ook: Iran ontken betrokkenheid by hommeltuigaanval op VSA-basis

SIRIЁ. – Ses Koerdiese vegters het gister omgekom in ’n hommeltuigaanval op een van die grootste Amerikaanse weermagbasisse in Sirië. Geen beserings of sterfgevalle is deur die Amerikaanse weermag aangekondig nie.

’n Militante groep wat deur Iran ondersteun word, het verantwoordelikheid vir die aanval op die basis geneem. Dit is die tweede voorval sedert Amerika oor die naweek die militante groepe in Sirië en Irak aangeval het.

Daar was glo Saterdag ’n vuurpylaanval op die Mission Support Site Euphrates, maar geen beserings of skade is aangemeld nie.

Die militante groepe het ook op 28 Januarie ’n Amerikaanse weermagbasis in Jordanië aangeval. Drie Amerikaanse soldate het in daardie aanval omgekom.

Bronne: Daily Mail, AP News, BBC

Lees ook: Hoethi-rebelle wil weerwraak neem na VSA-VK-aanval

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief