JERUSALEM. – Ses mense is dood en verskeie is beseer ná ’n skietery vanoggend op ’n bus by ’n kruising naby die noordelike ingang van Jerusalem. Sowat 15 mense is in die aanval gewond, met ses in ‘n kritieke toestand.
Lees ook: Hoethi-rebelle tref Israeliese lughawe in hommeltuigaanval
Die skieters het in die bus geklim en op die passasiers begin skiet toe die bus die Ramot Junction bereik het. Die kruising lei na verskeie Joodse vestings in Oos-Jerusalem.
Volgens die polisie was daar twee aanvallers en albei is doodgeskiet. Die Israeliese weermag is ontbied om die gebied vir nog verdagtes te deursoek.
Hamas het twee Palestynse “weerstandvegters” geprys wat gesê het hulle het die aanval uitgevoer, maar die organisasie het nie verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie.
Bronne: Euronews, Sky News, CNN
Lees ook: Hoethi-rebelle tref Israeliese lughawe in hommeltuigaanval





