SASOLBURG, VRYSTAAT. – Ses voertuie was Saterdagaand omstreeks 18:30 in ’n kettingbotsing tydens ’n beweerde straatresies in Sasolburg.
Volgens CERT-SA:Vaal het die ongeluk op die hoek van Eric Louwstraat plaasgevind. Met hulle aankoms op die toneel het hulle ses motors gevind wat teen mekaar gebots het.
Drie persone is op die toneel behandel en na verskeie hospitale vervoer.
Bronne: CERT-SA:Vaal, Safe journey Africa





