Brekende Nuus
Afrikaans

Ses, onder wie jong seun en meisie, sterf in gru-botsing

Ses persone, onder andere twee jong kinders, het Vrydag in'n gru-botsing gesterf.

Ses persone, onder andere twee jong kinders, sterf in gru-ongeluk
Foto: IPSS Medical Rescue

KWAZULU-NATAL. – Ses persone het Vrydagmiddag in ‘n gru-botsing tussen ‘n vragmotor en ‘n voertuig op die N2 Nyoni gesterf.

IPSS Medical Rescue het verskeie oproepe vir hulp ontvang. Met aankoms op die toneel is gevind ‘n voertuig met 15 insittendes het vermoedelik beheer verloor en is deur ‘n vragmotor getref.

EMRS en IPSS Medical Rescue het addisionele hulp na die toneel ontbied. Nege persone is ernstig tot kritiek beseer. Met die aankoms van meer hulpmiddele is die presiese aantal sterftes eers vasgestel. Onder die oorledenes was ‘n jong seun en ‘n meisie.

Die beseerdes is onder die sorg van IPSS Medical Rescue se gevorderde lewensondersteuning deur IPSS en EMRS na verskeie mediese fasiliteite vervoer.

Owerhede en noodspanne is vir ondersteuning op die toneel bedank.