Ses siklone op dieselfde tyd in Suidelike Halfrond

Lees ook :

Ses siklone in Suidelike Halfrond op dieselfde tyd fotokrediet: Canva

Daar is tans ses tropiese siklone terselfdertyd in die Suidelike Halfrond.

Lees ook: Mauritius-lughawe gesluit oor sikloon Garance

Drie het in die Indiese Oseaan gevorm en drie in die Stille Oseaan. Sikloon Rae was ’n kategorie 2- tropiese sikloon wat naby Fiji op 22 Februarie ontwikkel het. Dit het erge reën en oorstromings Maandag in Fiji veroorsaak.

Sikloon Seru, ook ’n kategorie 2, het op 24 Februarie naby die Salomonseilande ontwikkel en het naby New Caledonia en Vanuatu geëindig.

Sikloon Alfred, ’n kategorie 2-sikloon, het op 24 Februarie in die Koraalsee ontwikkel en sal na verwagting teen die einde van die week Australië tref.

Sikloon Bianca, ’n kategorie 3, het op 23 Februarie in die Indiese Oseaan naby Australië ontwikkel, maar is nie naby aan die land nie.

Sikloon Honde, ’n kategorie 1, het op 21 Februarie saam met Bianca ontwikkel. Dit het skade veroorsaak in Madagaskar en drie mense se dood veroorsaak en 69 beseer. Honde sal na verwagting vandag begin verswak.

Sikloon Garance, ’n kategorie 3, het Vrydag La Réunion getref en die dood van minstens vyf mense veroorsaak.

Meteoroloë het gesê die tropiese siklone en storms word moontlik deur warm temperature in die water, ’n swak windskuif en ’n mariene hittegolf naby Australië veroorsaak.

Bronne: The Independent, AccuWeather

Lees ook: Mauritius-lughawe gesluit oor sikloon Garance

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief