Ses van dieselfde familie afgemaai

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Altesaam ses familielede is gedurende verskeie insidente binne twee dae in Tsolo doodgeskiet.

Kol. Priscilla Naidu sê Maandagaand is ‘n man (43) buite sy oupa se huis in die Mpoza-woonbuurt doodgeskiet.

Dinsdagaand omstreeks 19:00 het bure skote van ‘n rondawel in Mpoza-woonbuurt gehoor. Die liggame van twee mans,75 en 73 jaar, is met skietwonde aangetref. Terselfdertyd is nog ‘n man en twee vroue, tussen 62 en 67 jaar, by ‘n nabygeleë woning doodgeskiet. Naidu sê hierdie drie oorledenes is glo verwant aan die ander oorledenes. Volgens polisie-inligting het drie gewapende verdagtes die slagoffers in die kop geskiet.

Die motief vir die moorde is onbekend.

Enigiemand met inligting oor die moorde word versoek om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief