KYK: Ses verdagtes glo onderweg om te roof met koerierdiensbakkie onderskep

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Blitspatrollielede van Johannesburg het vroeër vandag ‘n koerierdiensbakkie en nog ‘n privaat Toyota-bakkie met ses gewapende verdagtes wat glo na Sandton onderweg was om ‘n roof te pleeg, onderskep.

Lt.kol. Mavela Masondo sê die lede het inligting van ‘n beweerde beplande rooftog ontvang. Die verdagte voertuie is op die N1 in ‘n suidelike rigting opgemerk en op die M1-suid in Sandton gestop. Die koerierdiensvoertuig is deur ‘n werknemer van die maatskappy bestuur. Met deursoeking van die voertuie is twee gewere en drie pistole in die besit van die verdagtes gevind.

Masondo sê al ses die verdagtes is op aanklag van die besit van vuurwapens en ammunisie en sameswering om ‘n roof te pleeg in hegtenis geneem. Die wapens wat gekonsfiskeer is, sal aan ballistiese toetse onderwerp word om vas te stel of dit moontlik in ander misdade gebruik is.

“I thank our members from Flying Squad who acted swiftly after receiving the information and intercepted the suspects before they could commit crime and possibly kill innocent people. I also thank the law-abiding community of Gauteng, who continue to alert the police about criminal activities that are about to take place in our province. Working together, we will squeeze the space for the criminals in Gauteng,” sê die provinsiale kommissaris, lt.genl. Tommy Mthombeni.

Op die Gauteng Traffic and Weather WhatsApp-groep is gewaarsku oor stadige verkeer in die area van die misdaadtoneel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief