Ses verdagtes verskyn vir beweerde ontvoering in hof

Lees ook :

Foto: Op lêer

NOORDWES. – Nathaniel Mokwena (41), Sendry Phage (58), Virgilo Hlongwane (33), Nkanyiso Hadebe (25), Boitumelo Bogatsu (44) en sers. Thuloane Makume (47) het Donderdag vir beweerde ontvoering in die hof verskyn.

Hulle word verdink dat hulle vir Zahraa Mohammed (17) en Bataviya Mohammed (19), ‘n niggie en neef, op 6 Maart ontvoer het. Die twee is Maandagaand veilig met hulle families herenig. Altesaam sewe verdagtes is in hegtenis geneem.

Brig. Sabata Mokgwabone sê die saak is vir regsverteenwoordiging en aansoek vir borg tot 8 April uitgestel. Die verdagtes bly in aanhouding.

Humphrey Martin, nog ‘n verdagte, is op 8 Maart by Naturena in Johannesburg in hegtenis geneem en het reeds drie maal in die Brits-landdroshof verskyn. Sy saak is ook vir ‘n formele borgaansoek tot 8 April uitgestel, terwyl hy in aanhouding bly.

Die ses verdagtes sal soos Martin op twee aanklagte van ontvoering en afpersing in die Brits-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief