GAUTENG. – Ses verdagtes is Woensdag vir mensehandel en ontvoering in Mayfair deur die polisie in hegtenis geneem en twee vroue is gered.
Brig. Athlenda Mathe sê verskeie polisie-eenhede het inligting opgevolg en op ‘n geïdentifiseerde adres en kommersiële werf toegeslaan.
Na bewering is die twee vroue, onderskeidelik 20 en 24 jaar, teen hulle wil aangehou. Hulle is onder die indruk van vals indiensneming gelok, maar dan glo vir kliënte aangebied wat op seksuele gunste uitgeloop het.
Tydens die operasie het die polisie op selfone, dokumente, paspoorte en kontant beslag gelê.
Die ses beskuldigdes sal vandag op aanklagte van mensehandel, sekshandel, ontvoering en afpersing in die hof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.





