Ses vissermanne ter see vermis

Lees ook :

Foto: NSRI

WES-KAAP. – ‘n Soek-operasie is geloods nadat ses vissermanne, vermoedelik van Houtbaai en Hawston, Saterdagaand op ‘n stewigeromp-opblaasboot met die naam Bertha Fishing Experience gaan visvang het en nog nie teruggekeer het nie.

Die NSRI is Sondagoggend deur bekommerde familielede, kollegas en vriende in kennis gestel, waarna alle rolspelers geaktiveer is. Die maritieme gemeenskap is versoek om op die uitkyk te wees vir die boot en die vissermanne.

Daar is in die omgewing waar hulle sou visvang en elders gesoek, maar tot dusver het die soektog nog niks opgelewer nie.

“It appears that they may have been deep sea South or South West of Cape Point late on Saturday evening.”

Al ses die vissermanne is as vermis aangemeld.

“We commend all vessels at sea that are assisting in this extensive search. An extensive search operation remains underway.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief