Sesjarige deur ‘besope ma aangerand’

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Seun (6) het Sondag gesigsbeserings opgedoen nadat hy glo deur sy ma (26) wat na bewering besope was in Hambanathi aangerand is.

Reaction Unit South Africa sê die operasionele sentrum in Tongaat het gister omstreeks 12:27 ‘n oproep ontvang nadat die kind wat glo alleen in sy huis toegesluit was, deur ‘n lid van die gemeenskap gevind is. Volgens die oproep het die kind erge gesigsbeserings opgedoen en was hy alleen in die huis. Reaksiebeamptes het die ma van die beseerde kind op die toneel gevind.

Die ma, wat deur haar verhuurder na die huis laat kom is, het aan die reaksiebeamptes verduidelik sy was die Sondag besope en het haar seun, wat hom glo nie kon gedra nie, geslaan.

Volgens reaksiebeampes was beide die seun se oë blou, sy lippe geswel en hy het snywonde aan sy gesig gehad. Hy moes nadat sy ma werk toe is na homself kyk.

Die identiteit van die ma en kind word weerhou.

Rusa sê dieTongaat-polisie ondersoek die saak.

Nuusflits het polisiekommentaar gevra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief