Sesjarige van SA palm titels in VSA in

Lees ook :

Foto's: Isabella van der Westhuizen Facebook-blad

Isabella van der Westhuizen (6), skaars ‘n baksteen hoog, het deursettingsvermoë gewys toe sy Sondag in die VSA as die Royal International Miss Rolemodel Princess 2024 gekroon is.

Van Klerksdorp in Noordwes, na Orlando in Florida, weet hierdie meisie hoe om op plaaslike, sowel as internasionale verhoë te bekoor. Sy besef die mag van ‘n kroon, waarmee sy hard werk om lewens te verbeter.

Isabella, of Bella, soos sy ook genoem word, is veral trots op haar digitale plakboek wat hier gesien kan word. Daarin kan al haar projekte gesien word wat sy oor twee jaar, sedert sy slegs vier jaar oud was, aangepak het. Vir Isabella is onderwys wat op Nelson Mandela se sieninge geskoei is haar passie. Verskeie instellings het by die projekte baat gevind. Sy het onder meer ‘n voorskool se speelterrein opgeknap, tuin gemaak om vir leerders kos te voorsien en kos, skoolskoene, skoolbenodigdhede en sporttoerusting aan kinders, bejaardes, gestremdes, diere, en die brandweer geskenk.

Isabella glo aan Kersfees elke dag. Met ‘n boetie wat met outisme gediagnoseer is, is Isabella ‘n ferm bewusmaker oor die toestand. Om die omvang van Isabella se projekte, met haar strikke waarvoor sy lief is, te sien, moet daar doodeenvoudig na die digitale plakboek gekyk word.

Saterdag het hierdie klein prinses met die groot kroon ook die volgende toekennings en titels opgeraap: Scrapbook winner, Power of the Crown winner, Academic Excellence 3rd runner up, Community Service 4th runner up, Best Fun Fashion Attire winner, Photogenic Portfolio 3rd runner up, International Wear winner, Print Model 3rd runner up, Talent 2nd runner up, Casual Wear 2nd runner up, Purple Passion winner, Top Model 1st runner up, Regal Excellence.

Kyk jy na die absolute selfvertroue waarmee Isabella haar skoene volstaan, kan mens sien Mej. Heelal lê heel moontlik iewers in haar toekoms. Isabella het die kompetisie in haar tweede taal aangepak. Haar uitrusting wat ‘n toekenning verower het, kan op haar Mandeladag-plasing hier onder gesien word.

Mamma Bonita van der Westhuizen, nie onbekend aan die skoonheidswêreld nie, het haar en haar man John se trots op Isabella se prestasie op sosiale media gedeel.

Bronne: Royal International Miss SA Facebook-blad, Isabella van der Westhuizen Facebook-blad

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief