GAUTENG. – ‘n Meisie (6) is Maandag verkrag en vermoor in Orlando, Soweto, gevind. Phethe Sara Simiao, wat gesoek was, is Donderdagaand in Zola 1 gearresteer.
Lt.genl. Tommy Mthombeni het tydens ‘n inligtingsessie vir die media in Eldoradopark gesĆŖ die stasiebevelvoerder het dadelik die nodige rolspelers gemobiliseer. ‘n Lasbrief vir inhegtenisneming is Dinsdag vir Simiao uitgereik.
Simiao sal Vrydag op die aanklagte van verkragting en moord in die Protea-landdroshof verskyn.
Nuusflits het berig die polisie is op soek na Pethe Sara Simiao op die foto om hulle met die ondersoek te help. Volgens rapportering het die meisie met ander kinders gespeel toe ‘n verdagte haar na sy gehuurde shack in Orlando, Soweto, geroep het, waar sy na bewering verkrag en vermoor is.
“Die saak is by die polisie aangemeld, wat dadelik gereageer en begin soek het na die verdagte wat op vlug is.”