Lees ook: Israel erken hulle het ‘waarskynlik’ drie gyselaars gedood in lugaanval
FLORIDA, VSA. – ‘n Seun (11) is in hegtenis geneem na hy glo gedreig het om ‘n skoolskietery uit te voer.
Carlo “Kingston” Dorelli het gedreig om ‘n skoolskietery uit te voer by sy skool, Creekside Middle School, of nog ‘n skool, Silver Sands Middle School.
Dorelli het ‘n “lys van teikens” gehad toe hy in hegtenis geneem is, maar het vir die polisie gesê dit was net ‘n grap. Verskeie wapens wat Dorelli vir klasmaats gewys het, is ook gekonfiskeer toe hy in hegtenis geneem is.
Bronne: The Independent, The Sun, CBS19
Lees ook: Israel erken hulle het ‘waarskynlik’ drie gyselaars gedood in lugaanval