Brekende Nuus
Afrikaans

Seun (13) deur weerlig doodgeslaan

'n Jong seun is Maandagaand oorlede toe weerlig hom getref het.

Nathan Voster
Foto: Northern Natal News

KWAZULU-NATAL. – Nathan Voster (13) is Maandagaand oorlede toe ‘n storm deur Glencoe-omgewing gewoed en hy deur weerlig op ‘n plaas getref is.

Nathan was ‘n gr.-6 leerder van Dundee Junior School en het ‘n tweelingsuster. Hy was ‘n stoeier van Rhinos-stoeiklub. Verskeie stoeiklubs het medelye met die afsterwe van Nathan op sosiale media gedeel.

Volgens Northern Natal News is die dood van die jong seun bevestig op verskeie Glencoe-sekuriteitsgroepe wat inwoners en die dorp en omgewing met skade aan huise en eiendomme bygestaan het.

Nathan is as vriendelik en altyd met ‘n glimlag beskryf.

Bronne: Northern Natal News, Middelburg Stoeiklub, Olympians Sport Academy, KZN Stoei en Ekurhuleni Wrestling Association