KWAZULU-NATAL. – ‘n Seun (2) is tydens ‘n ongeluk in Ottawa op die R102 n Tottenhamstraat-interseksie deur die windskerm van sy pa se voertuig gewerp.
Reaction Unit South Africa sê die peuterseun was nie volgens wet vasgemaak of in ‘n voorgeskrewe motorstoel nie. Verskeie oproepe vir hulp is ontvang. Die kind het saam met sy pa in ‘n wit VW Golf gery toe ‘n Hyundai H100 hulle glo in die interseksie van die kant stamp. Die seun het gesigsbeserings opgedoen.
Drie insittendes van die bakkie het geringe beserings opgedoen.
Die beseerde pasiënte is gestabiliseer voordag hulle per ambulans na mediese fasilieite vervoer is.





