Brekende Nuus
Afrikaans

Seun (28) in hegtenis na vermeende moord op pa (71)

(Fotokrediet: SABC News)
(Fotokrediet: SABC News)

‘n Man (28) is tans in polisieaanhouding vir die vermeende moord op sy 71-jarige pa.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die 28-jarige seun van New Brighton se pa is Maandagmiddag in Dubulastraat vermoor.

Volgens kol. Naidu is die polisie omstreeks 12:45 ingelig van die moord op Mpumelelo Sizani. Die seun het na bewering sy pa na ‘n stryery doodgesteek.

Hy het by sy pa gewoon.

Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem en sal binnekort in die landdroshof op New Brighton verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.