LIMPOPO. – Kamogelo Donald Baloyi (5) het gesterf nadat hy blykbaar rottegif wat glo deur ‘n medeleerder by Laerskool Nkgodi Siphungo vir hom gegee is, geeët het.
Baloyi, ‘n gr.-R-leerder, het glo in die klas siek geraak en is huis toe gestuur. By die huis het hy onbeheerbaar opgegooi, waarna sy ma hom na Tshamahanzi-kliniek geneem het. Hy is na Mokopane-hospitaal verwys, maar is met aankoms by die hospitaal dood verklaar.
Mosebjane Kgaffe, die waarnemende hoof van kommunikasie vir die onderwysdepartement in die provinsie, het die voorval bevestig. Sy sê dit het na skool plaasgevind. Kgaffe sê die polisie sal die voorval ondersoek.
Nuusflits het polisiekommentaar gevra.
Bronne: Women For Change, Polokwane Weekly en Mokopane FM SA





