KWAZULU-NATAL. – ‘n Seun (6) het glo Donderdagmiddag in Pricklepearstraat in Waterloo ‘n Mercedes-Benz-sportnutsvoertuig in sy ouers se erf aan die brand gesteek.
Reaction Unit South Africa is omstreeks 15:30 vir hulp ontbied. Met reaksiebeamptes se aankoms by die adres was ‘n voertuig in vlamme gehul.
Die eienaar het die beamptes meegedeel die voertuig het meganiese probleme ervaar en is in die erf parkeer. Die seun het glo in die voertuig gespeel toe dit aan die brand slaan. Hy het blykbaar erken hy het vuurhoutjies gebruik om die voertuig aan die brand te steek.
Brandbestryders kon die brand blus.





