Seun (9) dood aangetref

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – Die liggaam van ‘n seun (9) wat reeds Donderdag vermis geraak het, is Saterdag omstreeks 16:30 in Haarlem gevind. Die polisie ondersoek die seun se dood.

Sers. Christopher Spies sê aan Nuusflits die seun is nie as vermis aangemeld nie en gemene spel word nie vermoed nie. ‘n Geregtelike doodsondersoek is deur die Uniondale-polisie geopen om die oorsaak van die seun se dood met ‘n nadoodse ondersoek vas te stel.

Spies sê egter die arrestasie van ‘n vrou (37) is nie aan die dood van die seun verwant nie. Sy is op ‘n uitstaande lasbrief gearresteer omdat sy in Desember versuim het om in die hof te verskyn. Die vrou het toe wel Maandag in die hof verskyn, waarna die saak tot 15 Januarie uitgestel is. Sy bly in aanhouding.

Christo Vermaak van Hinterland Herald sê die oorledene is die gearresteerde vrou se seun.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief