Brekende Nuus
Afrikaans

Seun beseer toe voertuig hom stamp

Volgens die bestuurder van die voertuig het die seun net skielik oor die pad gehardloop.

Seun beseer toe voertuig hom stamp
Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Jong seun (11) het Donderdag beserings opgedoen nadat hy deur ‘n wit Toyota Corolla Quest op die R102 tussen die Ottawa- en Verulam-verkeersligte gestamp is.

Reaction Unit South Africa het omstreeks 09:17 op die toneel waar die seun op die middelmannetjie gelê het aangekom. Hy het beserings aan sy kop, arms en bene opgedoen.

Volgens die bestuurder van die voertuig het die seun net skielik oor die pad gehardloop.

Die seun is op die toneel gestabiliseer voordat hy vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem is.

Bron: Reaction Unit South Africa