KWAZULU-NATAL. – ‘n Jong seun (11) het Donderdag beserings opgedoen nadat hy deur ‘n wit Toyota Corolla Quest op die R102 tussen die Ottawa- en Verulam-verkeersligte gestamp is.
Reaction Unit South Africa het omstreeks 09:17 op die toneel waar die seun op die middelmannetjie gelê het aangekom. Hy het beserings aan sy kop, arms en bene opgedoen.
Volgens die bestuurder van die voertuig het die seun net skielik oor die pad gehardloop.
Die seun is op die toneel gestabiliseer voordat hy vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem is.
Bron: Reaction Unit South Africa
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

