Seun gevonnis wat ma oor ‘kankerdiagnose en finansiële stres’ doodmaak

Lees ook :

Foto's: Facebook

OOS-KAAP. – Maurice Butlion (35) is lewenslange tronkstraf vir die moord op sy ma in die hooggeregshof in Gqeberha opgelê. Vir brandstigting is hy 7 jaar, vir regsverydeling 10 jaar en mishandeling van ‘n ouer persoon addisioneel 10 jaar bykomende tronkstraf gevonnis.

Luxolo Tyali, woordvoerder vir die NVG, sê Sharon Ann Butlion (65) is op 12 September 2022 ná ‘n woordewisseling met haar seun brutaal in hulle Park Drive Central-woonstel gesteek. Die seun het daarna ‘n tafeldoek aan die brand gesteek en met sy ma se voertuig van die toneel gevlug. Die ma se liggaam is die volgende dag met steek- en brandwonde ontdek.

Butlion het skuldig gepleit en sy ma se kankerdiagnose en finansiële stres as motief vir die misdade voorgehou. In sy pleitooreenkoms het Butlion gesê hy was deur hulle finansiële situasie oorweldig en het oorweeg om as uitkoms hom en sy ma dood te maak.

“Na ‘n slapelose nag het hy besluit om die plan uit te voer en sy ma verskeie kere gesteek. Maurice is twee dae ná die moord in hegtenis geneem waar hy in ‘n bos naby die Walmer-woonbuurt weggekruip het,” het Tyali gesê.

Maxime Butlion se slagofferimpakverklaring is aan die hof voorgehou en alhoewel die verdediging ‘n vonnis van 25 jaar voorgestel het, is Butlion swaar vir die misdade gevonnis.

Die NVG is tevrede met die vonnis en het speurder Ridwaan Baatjies vir die suksesvolle afhandeling van die saak geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief