Seun glo vir losprys ontvoer, skoolvervoerbestuurder vasgetrek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Seun (12) se familie het Vrydagmiddag ‘n anonieme oproep van hul seun, wat glo vir ‘n losprys ontvoer is, ontvang. Die polisie het Saterdag die skoolvervoerbestuurder in hegtenis geneem.

Brig. Brenda Muridili sê ‘n losprys is vir die seun se veilige terugkeer geëis.

‘n Deurbraak is tydens ‘n gesamentlike ondersoek gemaak. Na onderhoude met getuies is die polisie Saterdag na die skoolvervoerbestuurder, waarvan die familie gebruik maak, se huis in Protea Glen en die verdagte is in hegtenis geneem.

Daarna is die ondersoekspan na die bestuurder se ma se woonstel in Kliptown, waar die seun gevind is.

Die seun het geen sigbare beserings opgedoen nie, maar is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem.

Muridili sê die verdagte sal vir ontvoering aangekla word, waarna hy binnekort in die hof sal verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief