Seun ontwikkel outo-immuunreaksie ná Covid-19

Lees ook :

GAUTENG. – Eben Beukes (10) het in Desember Covid-19 opgedoen, wat weens erge ontsteking in ‘n aggressiewe outo-immuunreaksie (PIMS oftewel pediatriese inflammatoriese multistelsel sindroom) ontwikkel het. Hy het boonop sekondêre streptokok-infeksie opgedoen.

Hulp word gevra vir Eben wat beskryf word as ‘n jong seun met ‘n hart vol vriendelikheid, ‘n sagte gees en ‘n glimlag wat eens elke kamer waar hy ingestap het, verhelder het.

Volgens die skarebefondsingprofiel wat dae gelede vir hom gestig is, het Eben se toestand vinnig versleg en hy het verskeie beroertes en uitgebreide breinskade opgedoen. Die jong seun is in die bestek van maande totaal van voltydse palliatiewe sorg afhanklik. Die hulp wat vir hom gevra word, sluit sy palliatiewe versorging, verpleegkundige sorg, voedingshulp, mediese toerusting met noodsaaklike voorraad, medikasie, doeke en higiëniese produkte in.

Hendrik Beukes, Eben se pa, moes twee jaar gelede sy vrou aan beroerte afstaan en sorg tans as enkelouer vir Eben en sy suster Ané (15). Die hulp wat gevra word, is om Eben se versorging met waardigheid en gemak voort te sit. Nie net kry Eben swaar nie, maar Hendrik staan onder die geweldige druk sterk en Ané moet al die trauma verwerk om haar broer te sien swaar kry.

Ondersteuning van die publiek word gevra in die vorm van donasies, gebede of om deel van Eben se verhaal te wees deur die versoek te deel.

Indien jy direk met Hendrik kontak wil maak, druk op die BackaBuddy.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief