Seun oortree ma se beskermingsbevel, kry tronkstraf

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – ‘n Seun (27) wat op dieselfde erf, maar in ‘n ander huis, as sy ma (58) bly, is deur die Kuruman-streekhof vir ‘n jaar tronk toe gestuur nadat hy ‘n beskermingsbevel oortree het.

Sers. Molefi Shemane sê die beskuldige het op 7 November 2023 aan die deur by sy ma se huis in Promiseland, Wrenchville geklop. Aangesien sy nie die deur wou oopmaak nie, het hy op haar gevloek en geskree. Hy het dieselfde dag die deur van die huis oopforseer, waarna die ma se handsak met R600 vermis is.

Die ma is na haar seun se huis en het oor haar handsak uitgevra. Die beskuldigde het gesê sy moet in sy huis kyk. Sy het haar handsak gekry, maar R200 was vermis. Die ma, wat ‘n beskermingsbevel teen haar seun het, het ‘n saak teen haar seun oopgemaak, waarna hy in hegtenis geneem is.

Die hof het die seun op ‘n aanklag van oortreding van ‘n beskermingsbevel skuldig bevind en vir ‘n jaar tronk toe gestuur. Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief