WES-KAAP. – ‘n Gr. 11-seun (16), is Maandagmiddag na skool op die hoek van Dingle- en Elizestraat in Parow in die kop gesteek.
Sers. Wesley Twigg sê die seun was onderweg van die skool na sy huis toe hy glo deur ‘n groep seuns aangeval is. Hy is met ‘n steekwond in sy kop vir mediese behandeling na ‘n fasiliteit geneem.
Twigg sê die polisie ondersoek ‘n saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Enigiemand met inligting kan met die polisie by 08600 10111 kontak maak.
Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.





