Seun sterf nadat Kaapse kobra hom pik

Lees ook :

Foto's: André Truter

WES-KAAP. – Dee-Jay Don (5) het gesterf nadat hy in die bed in Stompneusbaai, St. Helenabaai aan die Weskus, deur ‘n Kaapse kobra gepik is.

André Truter, die uitvoerende burgemeester van Saldanhabaai, het die nuus van die seun se afsterwe gedeel: “Ons is geskok oor die tragiese nuus van die heengaan van die 5-jarige seuntjie, Dee-Jay Don, wat gister in Stompneusbaai deur ‘n Kaapse kobra gepik is. Ons innige meegevoel gaan uit na sy gesin, familie en vriende in hierdie ongelooflik moeilike tyd. Mag God julle vertroos, en mag julle die liefde en ondersteuning van die gemeenskap ervaar. Ons bid vir julle krag en vertroosting. Rus sag, klein Dee-Jay.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief