Seun sterf toe voertuig rol

Lees ook :

Foto: IPSS Medical Rescue

KWAZULU-NATAL. – ‘n Seun (11) het Sondag gesterf toe die voertuig waarin hy ‘n passasier was, op die N2 naby Stanger gerol het.

IPSS Medical Rescue sê die voertuig het in ‘n suidelike rigting beweeg toe die bestuurder beheer verloor en die voertuig gerol het. Dit het teen ‘n wal in die noordelike baan tot stilstand gekom. Die seun het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

“Die seun se oupa, wat bestuur het, het matige beserings opgedoen en is vir verdere sorg na ‘n nabygeleë fasiliteit vervoer.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief