Seun vermis, meisies uit see gered

Lees ook :

Foto: Tripadvisor

OOS-KAAP. – ’n Seun (7) word steeds vermis nadat hy en drie meisies Sondag, net voor 13:00, by Mdumbi-strand deur seestrome meegesleur is. Die plaaslike kinders, tussen 7 en 13 jaar oud, was saam met familie by die strand, wat ongeveer 24 km noord van Koffiebaai aan die Wildekus geleë is.

Volgens Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, is die tragedie aangemeld terwyl dit besig was om te gebeur. Lewensredders wat van diens was, het hulle na die strand gehaas. Mdumbi Backpackers-vrywilligers kon die drie meisies uit die see red. Een meisie (13) is vir nie-noodlottige “verdrinking” op die strand behandel en na ‘n hospitaal geneem. Die ander twee meisies is ongedeerd. Die seun word egter steeds vermis. Soektogte deur die polisie, NSRI-lewensredders en vrywilligers duur voor, sê Lambinon.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief