Seun vir sy pa se beweerde moord in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Seun (23) is deur die polisie naby Ficksburg in hegtenis geneem, nadat sy pa glo Maandagoggend tydens ‘n bekleiery tussen hulle gesterf het. Die verdagte is gearresteer voordat hy na ‘n buurland kon vlug.

AO Mmako Mophiring sê daar was na bewering omstreeks 02:00 ‘n bakleiery tussen pa en seun toe die verdagte sy pa met ‘n stomp voorwerp oor die kop en in die gesig geslaan het. Die pa het in sy kamer gesterf. Die verdagte het te voet van die toneel gevlug. Plaaslike speurders het hom in dieselfde omgewing opgespoor en in hegtenis geneem. Hy is vir die moord op sy pa aangekla en sal vandag in die Ficksburg-landdroshof voorkom.

Die motief vir die insident is tans nog onbekend.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief