GAUTENG. – ‘n Seun (13) het Saterdagmiddag met vriende in ‘n verlate gebou, Power Park, in Soweto, gespeel, toe hy in water verdrink het.
Xolile Khumalo, woordvoerder vir die stad Johannesburg se nooddienste, sê ‘n saak van vermoedelike verdrinking is by die plaaslike polisiestasie aangemeld, waarna ‘n soektog deur die polisie en ander eenhede tot 21:00 gevolg het.
Die soektog na die seun is Sondagoggend hervat, waarna sy liggaam omstreeks 11:30 gevind is.
“Lentetyd is hier en die City of Joburg se nooddienste doen ‘n beroep op inwoners om asseblief kinders gedurende hierdie seisoen te beskerm. Maak asseblief seker dat kinders wegbly van verlate geboue wat in water staan en weerhou hulle daarvan om in damme en mere te swem.”

Foto: City of Joburg EMS Facebook-blad





