WES-KAAP. – Twee kinders, onderskeidelik 12- en 14-jaar oud, is na bewering Sondagmiddag in die Ou Du Toit Kloof Pas se perdehoef area (horseshoe area) ontvoer.
Drakenstein Farm Watch (DFW) het omstreeks 15:46 ‘n oproep van ‘n bekommerde Keerweder inwoner oor die beweerde ontvoering van jong kinders ontvang.
Na bewering het vier kinders wat vriende is in die bergrivier gaan swem. Twee het na die huis teruggekeer en ‘n vreesaanjaende storie vertel. Hulle was glo deur vier mans gejaag waarna twee van hulle kon wegkom, maar twee jonger kinders kon nie wgkom nie. Die twee kinders wat nie kon wegkom nie was volgens die rapportering vermoedelik in ‘n minibustaxi gegooi.
DFW het alarm gemaak en ‘n hulpnetwerk is geaktiveer en ‘n soektog geloods.
Boere het met die soektog na die twee seuns gehelp wat op ‘n perdeplaas gevind is. Die kinders was aangerand en het beserings oor hul liggame wat uitgetrek was, gehad. ‘n Ouer seun het verskeie frakture aan sy linkerarm en hand opgedoen.
Noodhulp is toegepas, ‘n ambulans ontbied en die kinders is om 18:15 na ‘n hospitaal geneem.
“We thank our partners from K9 Police Paarl, Paarl SAPS Central and East, Drakenstein Fire, Fidelity ADT, EMS Metro and PACRS as well as our DFW emergency responders and our controlroom operators for the super fast response.”
DFW sê die voorval word deur die polisie ondersoek.
FiND iT het polisiekommentaar gevra.
Bron: Drakenstein Farm Watch
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





