KWAZULU-NATAL. – Drie kinders, onderskeidelik vyf, 11 en 12 jaar oud, is Woensdagaand saam met vier volwasse familielede in Highflats, Hlokozi, doodgeskiet. Die polisie is tans op soek na die verdagtes agter die moorde.
Kol. Robert Netshiunda het bevestig dat die polisie op die toneel afgekom het waar die sewe liggame in ‘n plas bloed in die sitkamer gevind is. Bure het die skote gehoor en ondersoek gaan instel.
“Die motief van die moorde moet nog vasgestel word, alhoewel daar ‘n vermoede is van ‘n familievete en besigheidsverwante spanning.”
Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom.