Siek kind saam met ongedokumenteerde ouers uit VSA gedeporteer

Lees ook :

Kind wat kankerbehandeling kry uit Amerika gedeporteer saam met ongedokumenteerde ouers fotokrediet: X

TEXAS. – ‘n Kind van Texas (10) wat ‘n wettige Amerikaanse burger is en behandeling vir breinkanker ontvang, is saam met haar ongedokumenteerde ouers na Mexico gedeporteer.

Lees ook: American Airlines-Boeing raak aan die brand by lughawe

Die familie was verlede maand op pad na ‘n dokter in Houston vir ‘n nood- mediese ondersoek toe hulle by ‘n immigrasie-kontrolepunt voorgekeer is. Hulle het voorheen briewe van dokters en prokureurs gebruik om deurgelaat te word, maar verlede maand is hulle in hegtenis geneem na die ouers nie kon bewys hulle is wettiglik in die land nie.

Hulle is kort daarna gedeporteer. Die meisie moes vroeër ‘n operasie ondergaan om ‘n kankerbreingewas te laat verwyder en het steeds swelling op die brein, wat deur dokters dopgehou word. Sy moet ook medikasie kry om stuipe te keer.

Haar ma het aan NBC News gesê die meisie en haar broer, wat hartprobleme het, het nie die nodige sorg in Mexico ontvang nie en hulle probeer na die VSA terugkeer.

Bronne: The Independent, Daily Mail, NBC News

Lees ook: American Airlines-Boeing raak aan die brand by lughawe

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief