Sierra Leone kondig noodtoestand aan oor a-pokke

Lees ook :

Sierra Leone kondig noodtoestand aan oor a-pokke fotokrediet: Canva

Lees ook: Geval van a-pokke in Thailand aangemeld

Sierra Leone het ’n gesondheidsnoodtoestand aangekondig na ’n tweede geval van a-pokke in minder as vier dae in die land aangemeld is.

Volgens owerhede was nie een van die pasiënte in kontak met siek diere of siek mense nie en albei ontvang individuele behandeling in ‘n hospitaal.

A-pokke is verlede jaar tot ’n globale gesondheidsnoodtoestand deur die WGO verklaar toe ’n nuwe variant van die siekte kop uitgesteek het. Die meeste van die gevalle is in die Kongo aangemeld, met meer as 1 000 mense wat aan die siekte dood is en sowat 43 000 moontlike gevalle wat aangemeld is.

Bronne: DW – South Africa, EWN, All Africa

Lees ook: Geval van a-pokke in Thailand aangemeld

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief