Sukkel jy om jou kleuter se fopspeen weg te vat? Die aktrise, Simoné Pretorius, het ’n blink plan uitgedink om die proses makliker te maak. Sy en haar man het ’n “begrafnis” vir haar dogtertjie, Harper, se fopspeen gehou.
Volgens Pretorius se Instagram-blad het hulle haar die hele week voorberei en selfs ’n seremonie beplan. Sy sê haar dogtertjie was braaf en het nie gehuil nie.
“We told her we’d go to the shops together and that she could pick out any teddy that she wanted. She said she wanted one as big as daddy’s stomach.”
Haar aanhangers was mal oor die idee en het hulle eie verhale vertel van hoe hulle van hulle kinders se fopspene ontslae geraak het.
Bron: Simoné Nortmann Instagram





