[t4b-ticker]

Skietery by restaurant eis vrou, man gewond

Lees ook :

Foto's: Carolina FM en The Youth Voice

MPUMALANGA. – Ntombi Mnisi (35) is Donderdag omstreeks 17:55 noodlottig tydens ‘n skietery in Hazyview by ‘n restaurant se deurry-area doodgeskiet. ‘n Man is gewond.

Kol. Donald Mdhluli sê volgens ‘n verslag is die polisie van die skietvoorval verwittig. Na bewering het twee mans uit ‘n silwerkleurige Toyota Etios met Gauteng-registrasieplate gespring en lukraak op die vroulike bestuurder en die manspassasier in ‘n voertuig geskiet. Die vrou is op die toneel dood verklaar, terwyl die passasier gewond is.

Mdhluli sê volgens die voorlopige ondersoek na die moord en poging tot moord is die verdagte voertuig waarskynlik op 21 Mei in Bosbokrand as gesteel of gekaap, aangemeld.

Die motief vir die insident is onbekend en word deur die polisie ondersoek.

Patroondoppies van ‘n geweer en ‘n pistool is op die toneel gevind.

Enigiemand met inligting van die misdaad word deur die polisie gevra om na vore te kom.

Die oorledene is deur The Youth Voice as Ntombi Mnisi geïdentifiseer. Sy is die suster van Clyde Mnisi (37) wat op 26 Maart naby die KMI-lughawe naby Witrivier doodgeskiet is. Sy weduwee, Charlene, het hom ter ruste gelê, waarna sy enkele dae daarna in hulle huis in haar slaap doodgeskiet is.

Bronne: SAPD, Laevelder, Mpumalanga News Carolina FM en The Youth Voice

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief