Skietery by skool dood 2, beseer 2

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

OOS-KAAP. – ‘n Dodelike skietvoorval het vanmiddag (Donderdag) by Laerskool Ntabankulu plaasgevind. Twee persone is dood en nog twee is beseer.

Luidens ‘n polisieverklaring van die woordvoerder, brig. Nobuntu Gantana, het ’n voormalige onderwyser, wat tans op borgtog was in verband met seksuele aanrandingsklagte wat leerders betrek, glo omstreeks 12:00 toegang tot die skool verkry nadat hy deur die omheining gesny het. Die verdagte het hom na die skoolkombuis begewe waar hy drie onderwysers geskiet het, voordat hy homself doodgeskiet het. Een onderwyser is op die toneel dood verklaar, terwyl twee ander beseer is en mediese behandeling ontvang. Die verdagte is ook op die toneel dood verklaar.

Die polisie het bevestig dat ’n volledige ondersoek van stapel gestuur is, wat die moontlike verbreking van borgtogvoorwaardes insluit. Die toneel is afgesper vir forensiese ondersoeke.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief