Skietery waartydens drie ‘onwettige myners’ sterf, ondersoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Skietery wat Donderdag in Sabie tussen beweerde onwettige myners en die owerhede uitgebreek het, word ondersoek. Drie van die “myners” is doodgeskiet.

Brig. Donald Mdhluli sê volgens rapportering was die polisie en ander wetstoepassingsowerhede in die omgewing van die Village-skag met roetine-patrollie besig, toe daar op hulle geskiet is en hulle teruggeskiet het. ‘n Adjudant-offissier van die honde-eenheid is in die been geskiet en is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem, terwyl drie “onwettige myners” noodlottig gewond is. Twee AK-47-aanvalsgewere en ongeveer 500 rondtes ammunisie is op die toneel gevind.

‘n Saak van poging tot moord word ondersoek en die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) sal die omstandighede van die skietery behartig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief