Brekende Nuus
Afrikaans

Skietstilstand het begin in Gasa, Israeliese weermag besig om te onttrek

Skietstilstand het begin in Gasa, Israeliese weermag besig om te onttrek

fotokrediet: X
Skietstilstand het begin in Gasa, Israeliese weermag besig om te onttrek fotokrediet: X

GASA. – ‘n Skietstilstand het amptelik vandag in Gasa begin nadat die Israeliese regering gisteraand die skietstilstandvoorstel aanvaar het.

Lees ook: Israel en Hamas stem in tot eerste fase van skietstilstand

Die Israeliese weermag het aangekondig dit is besig om uit Gasa te onttrek na die lyne waarop ingestem is in die ooreenkoms. Die terugtrek van die weermag beteken dat Hamas 72 uur het om die 20 lewende gyselaars en 28 liggame van gestorwe gyselaars aan Israel te oorhandig.

Israel sal in ruil vir die gyselaars 250 Palestynse gevangenes wat lewenslange vonnisse in Israeliese tronke en 1700 Gasa-burgers wat in aanhouding is, vrylaat.

600 trokke met humanitêre hulp sal daagliks Gasa binnegaan om noodhulp af te lewer.

Bronne: BBC, CNN, US News

Lees ook: Israel en Hamas stem in tot eerste fase van skietstilstand