Skole in Wes-Kaap besteel – meer as R2,1 m. se skade aangerig

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – Altesaam 67 inbrake en gevalle van vandalisme is gedurende die afgelope Junie/Julie-skoolvakansie by 57 skole in die Wes-Kaap aangemeld. Ongeveer R2,1 miljoen se skade is aangerig.

Peter Johnson, DA-LPW en die party se woordvoerder oor onderwys in dié provinsie sê die voorvalle dui daarop dat misdadigers al hoe meer roekeloos optree omdat hulle glo hulle ‘n geringe kans staan om aangekeer of vervolg te word. Volgens Johnson is skoolvoedingsprogramkombuise, rekenaarlokale, elektriese infrastruktuur, sekuriteitstoerusting, geskenkte skoolskoene en selfs groente uit skooltuine tydens die vakansie gesteel of beskadig. Hy sê dit ontneem leerlinge van noodsaaklike hulpbronne en dwing skole om geld wat vir onderwys bedoel is, aan herstelwerk te bestee.

Johnson sê hoewel die DA die plaaslike onderwysdepartement loof vir die bykomende sekuriteit by 430 skole tydens die vakansie, kan dit nie vergoed vir ‘n strafregstelsel wat volgens hom nie daarin slaag om misdadigers af te skrik nie. Volgens Johnson sal skole aanhou om teikens van misdadigers te wees indien die polisie nie oor voldoende hulpbronne, ondersteuning en leierskap beskik om wet en orde te herstel nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief