Skole ontwrig nadat seun glo deur medeleerlinge aangerand is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Gr. 8-leerling van Hoërskool Thuto-Lesedi in Vosloorus is glo op 23 Julie deur ‘n groep ander leerlinge aangerand en is gevolglik in ‘n hospitaal opgeneem. Die onderwysdepartement in die provinsie (GDO) het bevestig dat dit van die voorval bewus is en ook bekommerd is oor die ontwrigting en onstabiliteit wat dit Vrydag by skole in die omgewing veroorsaak het.

Steve Mabona, woordvoeder vir die GDO, sê in ‘n verklaring ontwrigting het ontstaan toe leerling van sowat vier skole by die beseerde leerling se skool betoog het. Die betogings het tot onderbreking van onderrig en leer by die betrokke skole gelei. Amptenare is onmiddellik ontplooi om met leerlinge en ouers in gesprek te tree. Die GDO werk ook nou saam met wetstoepassingsagentskappe om die veiligheid van alle leerders en personeel te verseker en om orde by die betrokke skole te herstel.

Die departement het bevestig vier leerlinge is in verband met die beweerde aanranding geïdentifiseer. Drie van hulle is onmiddellik in afwagting van ’n dissiplinêre proses geskors. ’n Vierde leerling was reeds geskors. Na aanleiding van bewerings dat vorige klagtes van boeliegedrag nie aangespreek is nie, is die skoolhoof van die betrokke skool tydelik, hangende ‘n interne ondersoek, na die distrikskantoor oorgeplaas. Die polisie ondersoek tans die voorval.

Die departement het ‘n beroep op leerlinge gedoen om terug te keer skool toe, aangesien normale onderrig en leer sal voortgaan.

“Ouers, voogde en gemeenskapsleiers word aangemoedig om hierdie oproep te ondersteun en saam met skole en amptenare te werk om dissipline en respek vir onderwys te bevorder. Ons bly daartoe verbind om te verseker dat alle skole veilig, inklusief en bevorderlik vir leer is,” het Matome Chiloane, die LUR vir onderwys, gesê.

Die uMkhonto weSizwe-vroueliga (MKWL) het hul skok en ontsteltenis oor die brutale aanranding van die seun uitgespreek en het hom in ‘n verklaring geïdentifiseer. Luidens die verklaring veg die seun in die intensiewesorgeenheid vir sy lewe. Hy is blykkbaar oor sy skoolsak aangerand. Hy het ernstige beserings opgedoen, insluitend ’n gebreekte neus en ’n oogbesering wat chirurgie vereis. Die emosionele letsels wat hiermee gepaard gaan, is as onaanvaarbaar besgtempel.

Die MKWL eis ’n volledige ondersoek en onmiddellike gevolge vir diegene wat verantwoordelik hiervoor is – verantwoording deur die skool se bestuur vir hul versuim om vinnig op te tree en die voorval betyds aan te meld, tussentydse ingryping van die departement van basiese onderwys, die implementering van ‘n anti-boeliebeleid en gemeenskapsmobilisering om veilige en respekvolle omgewings in en om skole te skep.

Die MKWL doen ’n beroep op opvoeders, ouers, wetstoepassers en beleidmakers om skoolgeweld met die erns en dringendheid te hanteer wat dit verdien.

Lees die volledige verklaring hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief