Skoliervervoerbestuurder gevonnis vir dood van 9 kinders

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Nkosinathi Sibanyoni (28), die bestuurder van ‘n minibustaxi wat op 16 Februarie 2022 in ‘n ongeluk betrokke was waarin nege kinders omgekom het, is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis.

Kol. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat Sibanyoni nie ‘n geldige bestuurderslisensie gehad het toe die ongeluk plaasgevind het nie. Hy is aan strafbare manslag skuldig bevind.

Die ongeluk het gebeur toe Sibanyoni die minibustaxi met kinders tussen Dundonald en Mayflower bestuur het. Terwyl hy en ‘n kind die taxi verlaat het om die pad oor te steek, het die taxi, sonder behoorlike veiligheidsmaatreëls in plek, beweeg en in ‘n rivier beland, wat die lewens van die nege kinders geëis het.

‘n Ondersoek het tot Sibanyoni se arrestasie gelei. Hy is skuldig bevind en Maandag in die Elukwatini-streekshof gevonnis.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App