Skoliervervoervoertuie geskut – 22 leerlinge in 7-sitplek voertuig

Lees ook :

Foto: Limpopo Departement van Vervoer en Gemeenskapsveiligheid

LIMPOPO. – Altesaam 11 voertuie wat skoolkinders vervoer, is Woensdag in die Ladanna-gebied van Polokwane tydens ’n geteikende wetstoepassingsoperasie deur die openbare vervoereenheid van die Limpopo-departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid geskut. Tydens ‘n afsonderlike voorval is 22 leerlinge in ‘n 7-sitplek voertuig vervoer.

Luidens ‘n verklaring deur die Limpopo-departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid is die voertuie teenstrydig met vervoerwetgewing bedryf, insluitend nie-nakoming van permitvoorwaardes, padwaardigheid en veiligheidsregulasies vir die vervoer van leerlinge. Volgens die departement stel sulke optrede die lewens van kinders ernstig in gevaar.

In ’n afsonderlike voorval in dieselfde gebied is ’n bestuurder daarvan beskuldig dat hy 22 leerders in ’n sewesitplek-minibus vervoer het. Die bestuurder het glo die voertuig agtergelaat en van die toneel gevlug toe hy wetstoepassers gewaar het.

Die departement het benadruk dat wetteloosheid in die skoliervervoersektor nie geduld sal word nie en dat oortreders deur strawwe gevolge in die gesig gestaar word, insluitend die skut van voertuie, boetes en moontlike strafregtelike vervolging.

Ouers en voogde word aangeraai om seker te maak dat die vervoer wat hulle vir hul kinders gebruik, wettig geregistreer is en aan alle veiligheidsvereistes voldoen.

Die departement versoek dat enige verdagte en onveilige voertuie by 0800 006 694 aangemeld kan word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief