Skoolhoof as voorsorgmaatreël verplaas

Lees ook :

Foto: Hoërskool Waterkloof Facebook

GAUTENG. – Chris Denysschen, die skoolhoof van Hoërskool Waterkloof, is as voorsorg ná klagtes van beweerde inmenging met getuies by die skool, te midde van ‘n dissiplinêre proses, verplaas. Die verplasing is deur die onderwysdepartement bevestig.

Steve Mabona, onderwyswoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die skoolhoof sal vanaf Vrydag 27 Junie by die Tshwane Suid-distrikskantoor aanmeld. Hy sal daar bly totdat die dissiplinêre proses afgehandel is. Die dissiplinêre verrigtinge word onafhanklik deur die Onderwys Arbeidsverhoudingeraad hanteer.

Hierdie ontwikkeling is deel van ‘n lopende dissiplinêre proses wat voortspruit uit ernstige aantygings van onbehoorlike gedrag wat vroeër teen die skoolhoof ingebring is.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief