Lees ook: Leerder (14) skiet 4 dood by skool in VSA
GEORGIA, VSA. – Die ma van die beweerde skoolskieter, Colt Gray, het ‘n hartroerende brief aan die slagoffers se families geskryf waarin sy sê haar seun “is nie ‘n monster nie”.
Marcee Gray het in haar brief gesê sy is jammer oor die dood van die leerlinge en onderwysers van Apalachee High School en het gevra die families “moet bid vir Colt en hulle familie”. Sy het beweer sy het die skool probeer waarsku na haar seun die oggend van die skietery vir haar ‘n boodskap gestuur het.
Colt Gray is in hegtenis geneem en word as ‘n volwassene aangekla van die moord op twee leerlinge en twee onderwysers by sy skool. Sy pa, Colin, is ook in hegtenis geneem vir manslag en moord na hy die vuurwapen wat in die skietery gebruik is glo vir sy seun gegee het.
Colt Gray is verlede jaar deur die FBI ondersoek na hy dreigemente oor ‘n skoolskietery gemaak het.
Bronne: Daily Mail, Global News, The Independent





