KWAZULU-NATAL. – ‘n Skrootwerf in Phoenix het Donderdagmiddg inderhaas gesluit toe daar op ‘n mortier afgekom is. ‘n Persoon wat skrootmateriaal bymekaarmaak, het probeer om die mortier uitmekaar te haal.
Reaction Unit South Africa sê hulle is omstreeks 15:50 na die perseel gestuur. Skrootwerfwerknemers wat op die persoon, wat probeer het om die mortier by die skrootwerf uitmekaar te haal, afgekom het, het Rusa vir hulp gebel. Die perseel is met aankoms ontruim en afgekordon.
Die skrootversamelaar het aan Rusa gesê die bestuurder van ‘n Isuzu-bakkie het die toestel aan hom gegee. Daar was ook skrootmateriaal, asook na bewering drie mortiere, op die bakkie. Die bakkiebestuurder het egter die perseel verlaat voordat Rusa daar aangekom het.
Die polisie se springstofeenheid is ontbied.







