Lees ook: Moses Tembe praat oor dogter Anele Tembe se dood
Die skrywer van die boek, When Love Kills – The Tragic Tale of AKA en Anele, beweer sy het doodsdreigemente ontvang sedert die boek se voorblad op sosiale media gelek het.
Melinda Ferguson het gesê sy het nie op enigiemand se “seën gesteun” om die boek te skryf nie. Sy het gesê sy het baie ondersteuning ontvang, maar ook baie haat en selfs doodsdreigemente. Ferguson het ook gesê as die doodsdreigemente nie ophou nie, sal sy polisie toe gaan.
Haar boek gaan oor AKA en Anele se verhouding en hulle dood. Anele is dood na sy in 2021 van die tiende verdieping van die Pepperclub-hotel in Kaapstad geval het. Sy was 22 jaar oud.
AKA is verlede jaar dood na ’n skietery buite die Wish-restaurant in Durban.
Bronne: Bona Magazine, Cape Town ETC, Scrolla Africa





