Slagoffer van Facebook Marketplace ‘beroof, gekaap en ontvoer’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Sean Schultz, ‘n sakeman van Mpumalanga, is na bewering op Dinsdag 6 Febuarie omstreeks 10:30 nadat hy op ‘n Facebook Marketplace-advertensie reageer het in Winterveld beroof, gekaap en ontvoer.

AO Johan van Dyk sê Schultz het na bewering op ‘n advertensie vir ‘n skid-steer loader met ‘n persoon gekommunikeer. Toe hy glo by ‘n gegewe adres aankom, het ‘n jong seun hom ontmoet en na ‘n ander adres geneem en alleen gelos.

Altesaam 20 verdagtes, waarvan vier gewapen was, het glo by Schultz opgedaag en hom gedreig. Skote is glo afgevuur om hom die skrik op die lyf te jaag en hy is in die agtersitplek van sy voertuig gedwing. Schultz se T-hemp is glo oor sy gesig geplaas en hy is met ‘n vuurwapen aangerand.

Die verdagtes het hom na wat beweer word gedwing om met sy selfoontoepassing kontant na ‘n rekening oor te plaas, waarna hy by Kganyega 1292 in die Mpho-area in Winterveld gelaat is. ‘n Toyota Hilux-bakkie, sleepwa en ‘n onbekende bedrag geld is deur die verdagtes gebuit.

Van Dyk sê Schultz is deur die polisie gered en sake van kaping, ontvoering en roof word deur Loate-polisiestasie ondersoek.

Volgens beriggewing is Schultz van R300 000 beroof. ‘n Sakevennoot wat die bedrae van ‘n bankrekening sien afgaan het, het kontak met hom gemaak en agtergekom iets skort. Gou is agtergekom die opsporingstoestel op sy voertuig is gedeaktiveer en die opsporingsmaatskappy is in kennis gestel. Die polisie en sekuriteitsmaatskappye het hom met die nagaan van inligting om 21:00 by bogenoemde adres gevind. Die sleepwa is opgespoor en die bakkie is die volgende dag om 02:35 in Rietgat gevind. Schultz het mediese hulp en berading ontvang voordat hy met sy familie herenig is.

Dit is nie die eerste keer wat slagoffers hulle in misdadigers deur Facebook Marketplace vasloop nie.

Nuusflits het voorheen so berig.

Bronne: SAPD, Yusuf Abramjee, Citizen, Rekord, Caxton

Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief