LIMPOPO. – Petrus Monyapho van Lenyenye (50), wat Vrydag by ‘n OTM in Polokwane (Pietersburg) tydens ‘n poging om hom te beroof geskiet is, het gister aan sy beserings gesterf. Die polisie soek na verdagtes.
Kol. Malesela Ledwaba sê die oorledene was Vrydag omstreeks 15:00 by die OTM in Spar City Centre in Polokwane waar hy geld getrek het toe hy kritiek gewond is. Die verdagtes het sonder die geld van die toneel gevlug.
Nooddienste het die oorledene na ‘n hospitaal vervoer. Die polisie het aanvanklik ‘n saak van poging tot roof en poging tot moord geregistreer. Die klag is nou na moord verander.
Enigiemand met inligting oor die voorval word gevra om AO Thamaga Joseph Malebana by 072 492 9635 te bel.
“We are calling on members of the community to come forward with any information that could lead to the arrest of the suspects responsible for this heinous crime,” versoek lt.genl. Thembi Hadebe, die polisie se provinsiale kommissaris.





